“Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld
nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.” (Johannes 12:25)
In hierdie Bybelgebaseerde studie word jy uitgedaag om onder andere
sewe uitputbare bronne in jou lewe te ontdek en ondersoek:
• Tyd
• Talente / vaardighede
• Gesondheid
• Finansies
• Geleerdheid
• Geleenthede
• Verhoudings
Hierdie bronne is nie ewigdurend nie. Dit raak minder en vervaag
mettertyd.
Die uiteindelike vraag is nie hoeveel jy gekry het nie, maar eerder: Wat
maak jy met wat jy ontvang het?
Geanker in die Skrif, met praktiese toepassing en ’n dringende
ewigheidsperspektief nooi ds. Johan jou om meer te doen as net te “leef”.
Begin eerder rentmeesterskap uitleef tot eer van God en tot seën van
ander. Eendag moet ons almal verslag doen.
Hierdie is ’n praktiese werkboek vir individue, kleingroepe en gemeentes
wat Bybelstudie en navorsing wil doen. Dit is maklik leesbaar, sonder
komplekse begrippe en kan prakties toegepas word.
Chris Heunis
top of page
R 40,00Price
Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page

