top of page
7 UITPUTBARE BRONNE (eBoek / PDF)

“Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.” (Johannes 12:25)

In hierdie Bybelgebaseerde studie word jy uitgedaag om onder andere sewe uitputbare bronne in jou lewe te ontdek en ondersoek: • Tyd • Talente / vaardighede • Gesondheid • Finansies • Geleerdheid • Geleenthede • Verhoudings

Hierdie bronne is nie ewigdurend nie. Dit raak minder en vervaag mettertyd. Die uiteindelike vraag is nie hoeveel jy gekry het nie, maar eerder: Wat maak jy met wat jy ontvang het?

Geanker in die Skrif, met praktiese toepassing en ’n dringende ewigheidsperspektief nooi ds. Johan jou om meer te doen as net te “leef”. Begin eerder rentmeesterskap uitleef tot eer van God en tot seën van ander. Eendag moet ons almal verslag doen.

Hierdie is ’n praktiese werkboek vir individue, kleingroepe en gemeentes wat Bybelstudie en navorsing wil doen. Dit is maklik leesbaar, sonder komplekse begrippe en kan prakties toegepas word.

Chris Heunis

7 UITPUTBARE BRONNE (eBoek / PDF)

R 0,00Price
Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page