top of page
BREEK DIE DROOGTE (eBoek / PDF)

“Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ‘n dor en droë land, ‘n
land sonder water.” (Psalms 63:2)
“Mag daar nooit ‘n tyd aanbreek waar ‘n persoonlike droogte tot selfvernietiging lei
nie” - Jors

 

Ons sterk aardse verhoudings met mekaar, besit elemente van saamwees. In ons wese het ons ‘n nood om nooit alleen te wees nie. Ons deel ons belewenis van vreugde en nood met mekaar. Ons hou van uitdagende en opbouende gesprekvoering, opregte bevestiging teenoor mekaar, terwyl ons saam lag en vreugde deel. Ons het mekaar nodig. Wanneer daar ‘n versteuring in hierdie intieme verhouding kom, ontstel dit ons.


Ons werp alles in die styd om die opregte intimiteit te herstel. Ons verhouding met God is dieselfde. Bybelstudie, gebed, geestelike gemeenskap, ens. kan nooit ‘n intieme, persoonlike en opregte verhouding met God vervang of selfs waarborg nie. Dít is wanneer ons ‘n verwydering in ons verhouding met God, ‘n simboliese “droogte”, kan ervaar.

 

‘n Gesonde en intieme verhouding met God (soos met ons hartsmense), is nie ‘n gegewe nie. Ons moet onverskrokke waaksaam wees en gereeld selfevaluering doen. ‘n Afwyking is ook nie abnormaal nie. Wat geestlike abnormaal is, is dat iemand sou verkies om in ‘n vervalle toestand voor God te staan.


Ds Johan Delport gebruik die beeld van’n geestelike droogte om ‘n toestand van verwydering te illustreer. Met hierdie studie lei hy lesers om ‘n eerlike introspeksie en persoonlike evaluering te doen oor hul intieme verhouding met God. Niemand wil in’n “droogte toestand” met God staan nie. Die boekie is so saamgestel dat dit as ‘n persoonlike- of selgroep handleiding gebruik kan word. Dit is altyd voordelig en word sterk aanbeveel om hierdie studie saam met iemand, of in ‘n groep deur te werk.

 

Die bybelstudie is ‘n praktiese gespreksplatform sonder swaar teologiese ondertone. Werk dit sistematies en biddend deur – verkieslik nie alleen nie.


Chris Heunis

BREEK DIE DROOGTE (eBoek / PDF)

R0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

     

    U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.

    Vir meer inligting, kontak my gerus by glichelle@gesinskerk.co.za.

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page