top of page

“Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (Romeine 10:13)


Shakespeare het gesê: “What is in a name?” ‘n Naam dra betekenis in die dinamika
om emosie en herinnering aan verhouding te koppel, verhouding wat sin maak in
die fondasie van ‘n betekenisvolle naam.


Ds. Johan nooi ons, met hierdie Bybelstudie, om die diepte van God se karakter
te verken deur sy Name in die Ou Testament, met Jesus Christus as die lens in die
Nuwe Testament, beter te leer ken.


Vanaf die skepping en die begrip daarvan in Genesis, tot en met die laaste hoofstuk
in Openbaring, leer ons deur die Name van God hoe lief Hy ons het. Hy is deur die
hele Bybel aktief by die mensdom en sy verlorenheid betrokke.


Met praktiese vrae, Skrifverwysings en besprekingsvrae lei hierdie studie jou om:
• die betekenis van Bybelse name en hul impak op karakter te verstaan;
• God se Name in die Hebreeus te ontdek sonder om in wettiese strikke te val;
• Jesus se sentrale rol in ons verhouding met die Vader te waardeer.


Hierdie boekie is ideaal vir persoonlike studie waardeur geloof en kennis uitgebou
kan word. Dit is eenvoudig en sonder komplekse begrippe saamgestel.
Kom loop saam op hierdie reis met God en vriende, en laat die Name van God jou
na ‘n lewe van vertroue en intimiteit met Hom lei.


“...Daar is geen ander naam onder die hemel aan die mense gegee waardeur ons
gered moet word nie.” (Handelinge 4:12)


Chris Heunis

Die Name van God (eBoek / PDF)

R 0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page