top of page
Getemperde Geloof (eBoek / PDF)

“God forbid that I should travel with anybody a quarter of an hour without speaking of Christ to them.”

– George Whitefield


Ds. Johan het, soos met vorige studies, ‘n sinvolle Bybelstudie vir individue en selgroepe saamgestel waarin hy sistematies deur enkele gespreksonderwerpe delf. Hierdie popolêre gespreksonderwerpe word gereeld herevalueer. Hier word byvoorbeeld verwys na:
“Bestaan God werklik? Is Jesus die enigste weg? Is die kerk nog nodig?” ens.


Ds. Johan neem ‘n sterk Bybelse standpunt in sonder komplekse teologiese ondertone terwyl hy fokus om die gesprek in die Skrif te anker.


Selleiers kan die studie gebruik om sinvolle gesprek by lede uit te lok. Die studie kan ook deur individue as ‘n sinvolle stiltetydstudieprogram gebruik word.

 

Na die afhandeling van die studie behoort individue gestimuleer te wees om selfstandig verder navorsing oor die onderskeie onderwerpe te doen.

Geniet hierdie heerlike ontdekkingsreis.

 

-Chris Heunis

Getemperde Geloof (eBoek / PDF)

R0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

     

    U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.

    Vir meer inligting, kontak my gerus by riaan@gesinskerk.co.za

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page