top of page
Gewone mense – Buitengewone God (eBoek / PDF)

Ons leef in ‘n tyd waar buitengewone druk op identiteitsverklaring
geplaas word. Dit is dikwels so erg, dat veral jongmense en
kwesbares in ‘n afwaartse spiraal van onvergenoegdheid verval.


Baie mense, indien nie die grootste aantal nie, voel dat hulle nie
“goed genoeg” is nie. Dit lei tot die wanopvatting dat hulle ook
nie vir God goed genoeg is nie. Dit is dikwels die gewone mense
in die samelewing wie uiteindelik “supermense” is – veral wanneer
God hulle roep.


Met hierdie Bybelstudie illustreer ds. Johan Delport deur Bybelse
karakters soos Abraham, Josef, Moses, Dawid, Gideon, Rut ens. dat
God “gewone” mense roep. Wanneer Hy hulle roep, kan hulle nie
gekeer word nie. Hulle loop ‘n pad via die roeping van God, wat
uiteindelik tot die voordeel van baie mense is.


Die Bybelstudie lees baie maklik en is sonder komplekse, leerstellige
ondertone saamgestel. Dit lei die leser deur praktiese voorbeelde
wat haalbaar is. Dit kan selfs vir tieners aangebied word.


Mag elkeen van julle wie die studie meemaak, ervaar hoe God jou
– deur sy roeping vir jou – “goed genoeg” verklaar. As geroepene
sal jy nooit weer “gewoon” voel nie.
Ek kan die boekie vir persoonlike studie en groepbesprekings
aanbeveel.


Chris Heunis

Gewone mense – Buitengewone God (eBoek / PDF)

R0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

     

    U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.

    Vir meer inligting, kontak my gerus by glichelle@gesinskerk.co.za.

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page