Ons leef in ‘n tyd waar buitengewone druk op identiteitsverklaring geplaas word. Dit is dikwels so erg, dat veral jongmense en kwesbares in ‘n afwaartse spiraal van onvergenoegdheid verval.
Baie mense, indien nie die grootste aantal nie, voel dat hulle nie “goed genoeg” is nie. Dit lei tot die wanopvatting dat hulle ook nie vir God goed genoeg is nie. Dit is dikwels die gewone mense in die samelewing wie uiteindelik “supermense” is – veral wanneer God hulle roep.
Met hierdie Bybelstudie illustreer ds. Johan Delport deur Bybelse karakters soos Abraham, Josef, Moses, Dawid, Gideon, Rut ens. dat God “gewone” mense roep. Wanneer Hy hulle roep, kan hulle nie gekeer word nie. Hulle loop ‘n pad via die roeping van God, wat uiteindelik tot die voordeel van baie mense is.
Die Bybelstudie lees baie maklik en is sonder komplekse, leerstellige ondertone saamgestel. Dit lei die leser deur praktiese voorbeelde wat haalbaar is. Dit kan selfs vir tieners aangebied word.
Mag elkeen van julle wie die studie meemaak, ervaar hoe God jou – deur sy roeping vir jou – “goed genoeg” verklaar. As geroepene sal jy nooit weer “gewoon” voel nie. Ek kan die boekie vir persoonlike studie en groepbesprekings aanbeveel.
Chris Heunis

