top of page
Heilige Gees - Lewe onder die salwing van die Heilige Gees

Lewe jy 'n Geesvervulde lewe? Lewe jy onder die salwing van die Heilige Gees en lewe jy in die oorwinning wat God vir elke gelowige bestem het deur die kragtige werking van die Heilige Gees? Óf lewe jy 'n geestelike boemelaarslewe, amper so te sê van die hand na die mond?

 

Elke dag is 'n geestelike stryd om oorlewing. Is jou lewe 'n geestelike, dorre land waar daar nie sprake van die gawes van die Gees is nie, en die vrug van die Gees iets is wat net net soos 'n vrugteboom opkom wat in 'n droogtegeteisterde gebied probeer vrug dra om sy eienaar tevrede te stel?

 

Dit is tyd, soos A.W. Tozer sê, dat elke gelowige op sy knieë voor ons heilige God val, ons sonde bely en die Here om 'n vars salwing smeek, 'n vars vervulling met die Heilige Gees. Toe Jesus die dood aan die kruis oorwin het, het Hy ook vir ons oorwinning oor sonde en 'n doellose lewe kom verseker. 

 

Op Pinksterdag het die Vader die Heilige Gees op die apostels en ander gelowiges uitgestort en dit het 'n beduidende effek op die geskiedenis gehad. Dit is nou ons beurt om soos die apostels van ouds in ons bovertrekke die Here se teenwoordigheid te soek en toe te laat dat die Heilige Gees

ons opnuut vervul sodat God kragtig deur ons kan werk.

 

Hierdie Bybelstudie boek is van hoë gehalte in A5 formaat gedruk.

Heilige Gees - Lewe onder die salwing van die Heilige Gees

R40,00Price
    Product Page: Stores_Product_Widget
    bottom of page