“Hy het hulle baie deur gelykenisse geleer...” (Markus 4:2)
Met hierdie Bybelstudie kom herinner ds. Johan die leser aan ou, bekende gelykenisse van Jesus.
Daar is nie minder nie as 44 gelykenisse wat Jesus vertel het en dit is alles in die eerste drie Evangelies opgeteken. In hierdie boekie word 10 daarvan uitgelig en toepaslik bespreek.
Ds. Johan se skryfstyl en inhoud word gekenmerk aan ‘n ongekompliseerde verklaring en opsomming. Die studie is prakties en relevant vir die tyd waarin ons leef.
Daar word gepoog om die leser in staat te stel om selfstandig verder navorsing te doen. Dit is egter voordelig om hierdie studie eerder in groepsverband te doen met iemand wat leiding neem.
Mag hierdie studie die leser herinner aan wat Jesus ons deur gelykenisse kom leer het. Mag dit jou nuuskierig maak om meer van God se Woord te leer en in te neem.
Chris Heunis
JESUS SE GELYKENISSE (eBoek / PDF)
Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word.
U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.
Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.
Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.
Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.
U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.
Vir meer inligting, kontak my gerus by glichelle@gesinskerk.co.za.