top of page
JONA

Ds. Johan neem ons op ‘n 10-weke, geestelike selfontdekkingsreis waar lesers of Bybelstudiegroepe opnuut aan God se eindelose genade herinner word.


Die verhaal van Jona is welbekend: die profeet wat vlug, die storm, die vis, die bekering van ’n hele stad... en die profeet wat kwaad word omdat God genadig is.

 

Hierdie is ‘n vers-vir-vers studie wat dieper as die bekende vertelling gaan. Dit vra die ongemaklike vraag wat ons almal moet beantwoord: Wat doen ek met God se liefde vir mense van wie ek nie hou nie; mense wie, volgens ons oordeel, nie die “reëls” nakom nie; mense van ’n ander kultuur, politieke oortuiging of geloof; dié wat my seergemaak het.


Uit Jona se verharde hart en God se grenslose genade leer ons:
• God se hart is groter as ons vooroordele;
• Ons hoef nie alles te verstaan nie;
• Ons is geroep om Sy liefde uit te dra, selfs waar dit nie sin maak nie.


God het sondaars lief… van wie ek die grootste is (1 Timoteus 1:15).


Hierdie studie word sterk aanbeveel om in groepverband soos selgroepe gelees en bespreek te word. Op hierdie wyse word ‘n geleentheid vir uitdaging, diep nadenke en sinvolle ondersteuning
gebied.


Chris Heunis

JONA

R40,00Price
Quantity
    Product Page: Stores_Product_Widget
    bottom of page