top of page
JONA (eBoek / PDF)

Ds. Johan neem ons op ‘n 10-weke, geestelike selfontdekkingsreis waar lesers of Bybelstudiegroepe opnuut aan God se eindelose genade herinner word.


Die verhaal van Jona is welbekend: die profeet wat vlug, die storm, die vis, die bekering van ’n hele stad... en die profeet wat kwaad word omdat God genadig is.

 

Hierdie is ‘n vers-vir-vers studie wat dieper as die bekende vertelling gaan. Dit vra die ongemaklike vraag wat ons almal moet beantwoord: Wat doen ek met God se liefde vir mense van wie ek nie hou nie; mense wie, volgens ons oordeel, nie die “reëls” nakom nie; mense van ’n ander kultuur, politieke oortuiging of geloof; dié wat my seergemaak het.


Uit Jona se verharde hart en God se grenslose genade leer ons:
• God se hart is groter as ons vooroordele;
• Ons hoef nie alles te verstaan nie;
• Ons is geroep om Sy liefde uit te dra, selfs waar dit nie sin maak nie.


God het sondaars lief… van wie ek die grootste is (1 Timoteus 1:15).


Hierdie studie word sterk aanbeveel om in groepverband soos selgroepe gelees en bespreek te word. Op hierdie wyse word ‘n geleentheid vir uitdaging, diep nadenke en sinvolle ondersteuning
gebied.


Chris Heunis

JONA (eBoek / PDF)

R0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

     

    U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.

    Vir meer inligting, kontak my gerus by glichelle@gesinskerk.co.za.

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page