top of page
Kenmerke van 'n Geestelik Volwasse Gelowige (e-Boek / PDF)

“Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.” (Ef 4:1-3)

 

Wanneer ‘n mens leesstof in die hande kry wat sinvolle nadenke ontlok, is dit altyd die moeite werd om dit rustig deur te werk. Hierdie studie kan selfstandig individueel deurgewerk word, maar dit is altyd beter om dit in groepverband te doen.

 

Ds. Johan Delport bied aan die leser of student ‘n platform vir introspeksie via hierdie Bybelstudieboekie. In ons gejaagde tyd aanvaar ons algemene, geestelike begrippe oor gedrag en verwagte getuienis sonder om dit gereeld in ons daaglikse wandel te toets.

 

Met hierdie studie bring ds. Johan bekende en verstaanbare beginsels en begrippe weer onder ons aandag. Studente en Bybelstudiegroepe sal opnuut uitgedaag word om ou waarhede te bevestig en via debatvoering te versterk.

 

Ek vertrou u sal die uitdaging in die inleiding wat volg, aangryp en, met ‘n oop gemoed, elke oomblik daarvan geniet.

 

Die studie lees maklik met ‘n sinvolle uitbou van opvolgende onderwerpe. Dit word met Skrif onderskraag sonder komplekse verklarings.

 

Geniet die studie.
Ds. Chris Heunis

Kenmerke van 'n Geestelik Volwasse Gelowige (e-Boek / PDF)

R0,00Price
    Product Page: Stores_Product_Widget
    bottom of page