top of page
Koninkrykskatte (Sagteband)

Hierdie Bybelstudie boek is van hoë gehalte in A5 formaat gedruk.

 

Koninkrykskatte – 10 Bybelverse wat elke gelowige moet memoriseer. Wat ‘n naam vir ‘n Bybelstudiereeks!


Dit is verstommend wanneer ‘n mens in ‘n geselskap van vriende is en mense soms lang stukke dialoog vanuit ‘n bekende film kan aanhaal, maar hulle kan nie één Bybelvers direk aanhaal nie. Om Bybelverse te memoriseer, is ‘n gewoonte wat besig is om baie vinnig uit te sterf.


Mense sê dit is te moeilik, maar dit is nie die waarheid nie. Tensy ‘n persoon regtig niks kan onthou nie, geen telefoonnommers, geen gebeure en geen ander belangrike detail van die algemene lewe nie, is daar geen ware rede waarom ‘n persoon nie Bybelverse sal kan memoriseer nie.

Dit is waaroor hierdie reeks gaan. Hierdie verse is versigtig gekies om ‘n gelowige te help. Dalk het jy nog nooit probeer om Bybelverse te memoriseer nie, maar hier is 10 wat jou kan help. Hierdie 10 Bybelverse is ‘n moet-memoriseer vir elke gelowige.

Koninkrykskatte (Sagteband)

R40,00Price
    Product Page: Stores_Product_Widget
    bottom of page