top of page
Mekaar Gemeente (eBoek / PDF)

Ds. Johan Delport het weer ‘n sinvolle en praktiese Bybelstudie saamgestel wat hoofsaaklik in groepverband gebruik kan word.


Met hierdie studie daag hy gemeentes, of studiegroepe, uit om weer ou gemeentewees beginsels na te gaan en opnuut toe te pas. Hy vra spesifieke besprekingsvrae wat deelnemers beslis
aan die praat gaan kry. Die besprekingsessies herinner die lesers aan die waarhede wat ons aanmekaar bind.


Ds. Johan gebruik onder andere ‘n term wat hom tot die studie aangespoor het, naamlik ‘n “mekaar”-gemeente of ‘n “deurmekaar”-gemeente. Hierdie sleutelgedagte lok deurgaans
selfondersoekende gesprek uit.


Ek beveel hierdie Bybelstudie aan vir groepe of gemeentes wat worstel met onderlinge verhoudings. Die praktiese toepassing van Bybelgefundeerde fondasies en beginsels herinner ons
almal aan die kosbaarheid en sin van gemeentewees.


Mag hierdie Bybelstudie nuwe perspektiewe vir die lesers daarvan ontsluit. Ons het mekaar nodig en ons strewe daarna om ‘n “mekaar”-gemeente te wees.

 

Chris Heunis

Mekaar Gemeente (eBoek / PDF)

R0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

     

    U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.

    Vir meer inligting, kontak my gerus by glichelle@gesinskerk.co.za.

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page