top of page
Neem Beheer Oor Jou Lewe (Sagteband)

Hierdie Bybelstudie boek is van hoë gehalte in A5 formaat gedruk.

 

“Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.” (Rom 12:1b) 

 

In die soeke na betekenis in ons verhouding met God word ons dikwels uitgedaag oor die term “offerskap”. Wat beteken dit om byvoorbeeld “in oorgawe aan God” te leef?

 

Ds. Johan hanteer in die studie verskeie onderwerpe wat die student of leser lei om die begrip van oorgawe te verstaan. Dit gaan dus om die beheer van ons lewe aan God oor te laat.

 

In hierdie boekie van 10 afsondelike studies skep ds. Johan die geleentheid en platform vir gesprek. Die individuele studies is vol wenke en ankerstellings wat die leser weer aan ou Bybelse waarhede laat herkou.

 

Ds. Johan het die aanbieding so geskryf dat almal baat daarby kan vind. Dit lees maklik sonder om die inhoud te kompliseer met strikvrae en komplekse teologiese ondertone.

 

Gebruik hierdie studie om ‘n eie begrip en fondasie in jou verhouding met God te bou. Kom onder God se beheer. 

 

Chris Heunis

Neem Beheer Oor Jou Lewe (Sagteband)

R40,00Price
    Product Page: Stores_Product_Widget
    bottom of page