top of page
Tien Gebooie - Kies die lewe (eBoek / PDF)

Hoeveel kinders van God ken nog die tien gebooie? Hoeveel kan dit in die regte volgorde opsê? Hoeveel pas dit nog toe in hulle normale Christelike lewenswandel met God?


Tog is die tien gebooie God se hart, deur Sy eie hand op kliptafels geskryf en aan Moses oorhandig. God se eerste en persoonlike ontmoeting met Sy volk, wie Hy afgesonder het, vind plaas in ’n direkte gesprek met hulle – ‘n gesprek oor die tien gebooie.


Met hierdie Bybelstudie kom herinner ds. Johan Delport ons aan die dieper waarheid opgesluit in die tien gebooie. Besprekingspunte en spesifieke vrae lok gesprek uit wat verkieslik in kleingroepe hanteer moet word.


Die studie kan ook as ‘n persoonlike Bybelstudie gebruik word. Praktiese stellings en persoonlike uitdagings sal Bybelstudente lei om dieper na die tien gebooie te kyk.
Elkeen wie hierdie studie opneem, sal gou agterkom dat die tien gebooie eintlik twee verhoudings beskryf, naamlik ons verhouding met God en daarna ons verhoudings met mekaar. Dit is uiteindelik God se hart wat beskryf word.


My voorstel is, doen die Bybelstudie en memoriseer opnuut die tien gebooie. Dit sal jou weer herinner aan wie God is, en hoe om God en jou naaste lief te hê.


Chris Heunis

Tien Gebooie - Kies die lewe (eBoek / PDF)

R0,00Price
  • Hierdie eBoek / PDF is in A5 formaat en kan net so in Adobe of enige ander PDF app gebruik word. 

     

    U is welkom om die PDF uit te druk en te gebruik. Kontak ons gerus indien u die studie by die Kerk of selgroep wil aanbied en meer fotos of inligting benodig by riaan@gesinskerk.co.za.

     

    Daar is sagteband Bybelstudies ook beskikbaar. Loer gerus in die Aanlyn Winkel om te sien of daar voorraad is.

  • Al ons digitale Bybelstudie materiaal behoort aan Tygerberg Gesinskerk.

     

    Die Bybelstudies is gratis beskikbaar in PDF formaat.

     

    U is welkom om die studies uit te druk en te gebruik, maar die materiaal mag nie as u eie uit gegee word of verander word sonder ons toestemming nie.

    Vir meer inligting, kontak my gerus by glichelle@gesinskerk.co.za.

Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page