Gebed is seker die enkele, grootste aspek wat in ons kommunikasie en verhouding met God afgeskeep word.
Nadat die leser deur die studie gewerk het, sal daar ‘n begrip vir afsondering, toewyding, beplanning vir gebed en vele meer wees.
Hierdie Bybelstudie word vir diegene aanbeveel wie na betekenis en verdieping in hulle persoonlike gebedslewe verlang. Die studie sal ook inslag vind by kinders van God wie pas tot bekering gekom het en ook by diegene wie reeds geruime tyd met God wandel.
Neem kennis dat selfs individue wie nog soekend na God is, beslis groot waarde by hierdie studie sal vind. Dit word nie met moeilike teologiese ondertone oorlaai nie, is prakties en maklik
om toe te pas.
Die studie kan in groepverband of individueel deurgewerk word. Die voordeel van groepstudie maak ondersteuning vir begrip via dialoog net makliker en meer betekenisvol.
Geniet hierdie studie.
Chris Heunis
top of page
R40,00Price
Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page