top of page
WIE IS DIE REGTE JESUS? (eBoek / PDF)

“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.” (Psalm 91:14)

 

Daar is niemand in die geskiedenis van die wêreld wie so ‘n radikale invloed op die mensdom gehad het as Jesus Christus nie. Ons kan ook sê dat daar niemand is oor wie daar so baie gepraat en geskryf is nie.

 

Iewers in ons blootstelling aan die studie en gesprekke oor Christus Jesus, het ons ongelukkig só gewoond geraak daaraan dat ons dikwels kernwaarhede oor Hom miskyk.

Halwe waarhede oor Jesus Christus kry momentum wanneer die oorspronklike en ware betekenis nie aangewend word nie. Met hierdie studie neem ds. Johan Delport ons terug na Bybelse fondasies en getuienis oor die dieper betekenis van wie Jesus werklik is.

Die studie word ook effektief deur praktiese toepassings in ons tyd geïllustreer. Dit is so saamgestel dat dit as ‘n studiehandleiding in groepverband (selgroep) gebruik kan word. Dit is ook ‘n uitstekende platform vir persoonlike Bybelstudie.

Mag die inhoud van die studie, met die Bybel as verwysing, jou tot ‘n dieper begrip van en belewenis met Jesus lei. Mag jy bemagtig word met nuwe kennis oor ou Bybelse waarhede aangaande Jesus Christus, ons Verlosser en Saligmaker.

Chris Heunis

WIE IS DIE REGTE JESUS? (eBoek / PDF)

R 0,00Price
Product Page: Stores_Product_Widget
bottom of page